Liewe diaken, help my asseblief! Ek is oud en swak...
Nadat die Aksiegroep vir Bejaardes (AGB) vir meer as twee jaar afsonderlik en outonoom gefunksioneer het, het die ADV tot die stap oorgegaan om die AGB as sy werkgroep vir bejaardesorg te integreer. Dit is 'n groot stap vorentoe om hierdie diensveld as 'n daad van barmhartigheid onder die vleuels van die kerk se diakens te bring. Hopelik sal die AGB nou nog meer tot sy reg kom in sy strewe om bejaardes in al ons gemeentes in hulle eie woonplekke deur vrywillige, gelowige medegelowiges te versorg en by te staan.
Die AGB verstaan barmhartigheid as die gesindheid waarmee iemand wat fisiek en finansieël bevoorreg is en in 'n gunstige posisie verkeer, bereid is om vrywillig, sonder eie voordeel, 'n ander persoon wat onder moeilike omstandighede leef, tegemoet te kom en te help. Dit is immers wat die Woord van die Here bedoel met woorde soos ontferming, meegevoel, medelye, jammerte, goedheid,
Die problematiek van bejaardes in nood is nie nuut nie. Dit was nog altyd so. Wat egter nuut is, is die vinnige gang waarmee die probleme toeneem. Mense word ouer as wat hulle verwag het, gaandeweg neem hulle kragte af en hulle finansiële posisie versleg teen 'n skrikwekkende tempo. Dit lei noodwendig tot angstigheid en daaglikse kwellings wat op hulle beurt weer tot trauma en depressie aanleiding gee. Die meeste van hierdie bejaardes is skaam om oor hulle omstandighede te praat en ly in stilte.
Die tragedie van dit alles is dat ons nie van lui mense praat wat nooit wou werk nie of mense wat nagelaat het om te spaar nie. Ons praat van mense wat getrou tot pensioenfondse bygedra het en hulle spaargeld belê het. Nou het die ekonomiese probleme van die wêreld en ons eie land almal ingehaal. Talle bejaardes is slagoffers van omstandighede buite hulle beheer.
Die uitdaging aan elke diaken, RDV en die ADV is om bejaardesorg as diensveld gedurende 2012 en daarna met barmhartige hartstog op te neem met die voorneme om waar elkeen hom of haar bevind, 'n noemenswaardige verskil in elke sorgbehoewende bejaarde se lewe te maak.
Hennie van Deventer
RDV Noordelike Pretoria gee groot treë met bejaardesorg
Die Ringsdiakensvergadering van Noordelike Pretoria het 'n groot treë gegee met bejaardesorg in hulle ring en gemeenskap.
Hulle het besluit om die groot uitdaging wat bejaardesorg vir die Kerk inhou, aan te pak deur hande te vat met die AGB (Aksiegroep vir Bejaardes), en besluit om hulle eie Rings-AGB te begin. Dr Hennie van Deventer, voorsitter van die AGB, het die vergadering ingelig oor die behoeftes wat bejaardes het.
Daarna het die vergadering in kleiner groepe verdeel om verskillende aspekte te bespreek soos:
Inrigtingsversorging (ouetehuise)- Maatskaplike behoeftes
- Vervoerbehoeftes
- Finansiële behoeftes
- Wat kan gemeentes se diakens doen om die behoeftes aan te spreek
- Wat kan gedoen word deur die gemeenskap

Registreer nou!
Enigeen kan registreer!
Om die meeste waarde uit hierdie webblad te haal, moet jy registreer. Kyk regs bo onder Gebruikers en klik op Registreer 'n Rekening. Dit neem minder as 2 minute - en dit help ons om die beste inligting vir jou te kan gee.
(Onthou om nadat jy geregistreer het in te teken.)
As jy probleme het om te registreer, stuur 'n epos aan die This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. met jou Gebruikernaam.

