Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Onthou om nooit te vergeet nie - Aug 2016

Onthou om nooit te vergeet nie

Op Vrydag 5 Augustus 2016, het GROOTfm 90.5 sy derde verjaarsdag saam met die 113 bejaardes van Van Rensburg Tehuis in Danville gevier met die tema: “Onthou om nooit te vergeet nie..."

Onthou wat die Here vir ons gedoen het, onthou Sy sorg, onthou Sy kinders en onthou om soos die een Samaritaan in Lukas 17 om te draai, terug te gaan en dankie te sê, terwyl jy nou die kans het.

GROOTfmVanRensburgtehuisDie GROOTfm 90.5 span het 'n kleurvolle verskeidenheidskonsert aangebied en ons vriende van Oryx Aqua het gesorg dat die kele nat bly tydens die vrolike samesang van al die ou bekende liedjies! SPAR se geskenkkaart het die feestelike atmosfeer van braaivleis, ‘n glasie Coke, soet koeksisters, wortelkoek én Red Velvet koek gebring terwyl die versorgers ook bederf is met ‘n hand vol sjokolades!

Danksy anonieme HOOP helde het elke bejaarde 'n pak warm winterpajamas gekry saam met 'n stywe drukkie van een van die GROOTfm personeel. En die Tehuis het ook vier rolstoele, bloeddrukmasjiene, apparate om glucose te toets, volwasse doeke en 'n Infusion Pump gekry – alles ter waarde van R50 000!

Herman Smit Oogkundiges, saam met sy vriende Jasper Cloete van Novak, Wayde Miller van Sightique, Chris Joubert van Topcon en Ryk van Rooyen van African Optical Supplies het gereël dat elke bejaarde en sommer die personeel van Van Rensburg Tehuis ook, se oë getoets word en dat elkeen twee brille ontvang – een vir lees en een vir ver sien.

In 2015 kon GROOTfm vir ses mense die gawe van gehoor gee. Hierdie jaar kon Herman en sy span sorg dat 140 mense die gawe van sig geniet sodat ons al die mooi in ons wêreld kan raaksien en waardeer!

Lindie Strydom

groot-fm-90.5-Live

Login With Facebook