Artikels

Meer inligting oor MonsterPay

Ons maak van MonsterPay gebruik vir donasies. MonsterPay is 'n veilige Suid-Afrikaanse betaalmetode vergelykbaar met die meer bekende PayPal (PayPal ondersteun nie tans Rand-transaksies nie). U moet 'n MonsterPay rekening skep om met u kredietkaart te betaal. Dit is gratis en kan gedoen word terwyl u 'n betaling doen. Volg die stappe op u skerm of kliek op die skakels hieronder vir meer inligting. Neem asseblief kennis dat u kredietkaart as MonsterPay (of SETCOM, MonsterPay se voorganger) gekrediteer gaan word. Neem asseblief kennis dat die ADV dienskoste betaal en daarom nie die volle bedrag sal ontvang nie. U bank se standaardtariewe vir kredietkaarttransaksies geld.