Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Basispakket - Op Reis

Reistas

 

Die ADV se basispakket, met die naam: Op Reis - 'n dienswerk reistas, is 'n fantastiese oriëntering in dienswerk. Die kursus is gemik op sowel diakens as dienswerkers  - dit sluit dus alles gelowiges in. Die kursus word uitsonderlik positief en opbouend beleef deur onder andere:

  • alle dienswerkers
  • diakens
  • predikante
  • ouderlinge
  • NHSV-lede
  • diensgroepe
  • finalejaar katkisante

Die kursus bestaan uit 5 modules, wat jou op 'n reis neem deur die wêreld van dienswerk:

  1. Oorsprong van dienswerk - wat sê die Bybel?
  2. Die kerk - wat is die rol en roeping van die kerk met betrekking tot dienswerk?
  3. Geloof - dienswerk as antwoord op God se genade vir ons
  4. Roeping - waarvoor het God my in die besonder geroep?
  5. Kommunikasie - hoe kommunikeer ek met hulle wat seergekry het en hulp nodig het?

Die kursus word aangebied deur fasiliteerders wat self eers die kursus deurloop het. Enige persoon (predikant, diaken, dienswerker ens) kan 'n fasiliteerder word. Die kursus is egter nie beskikbaar vir aanbieding deur iemand wat nie 'n fasiliteerder is nie.

Die kursus is geakkrediteer by die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) en sertifikate sal gegee word.

Klik hier om 'n versoek te rig dat 'n fasiliteerder die kursus by jou gemeente of RDV kom aanbied.

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek